Airbus A318

Airbus A318

A300 · A310 · A318 · A320 · A330 · A340 · A350 · A380

Tipe Smalromp passasierstraler
Vervaardiger Airbus
Ontwerp deur Airbus
Nooiensvlug 15 Januarie 2002
Bekendstelling 2003 met Frontier Airlines
Status In gebruik
Hoofgebruikers Air France
Avianca
Avianca Brazil
Aantal gebou 79 tot in Desember 2013
Eenheidskoste VS$70.1 miljoen[1]
Ontwikkel van Airbus A320 familie

Die Airbus A318 is die kleinste lid van die Airbus A320 familie van kort- tot mediumreikafstand, nouromp kommersiële passasierstralervliegtuie vervaardig deur Airbus. Die A318 kan tot 132 passasiers dra en het 'n maksimum reikafstand van 5 700  km (3 100 seemyl). Finale montering van die vliegtuig vind in Toulouse, Frankryk plaas.

Die vliegtuig deel 'n algemene-tipe gradering met al die ander Airbus A320-variasies, sodat huidige A320-familievlieëniers die vliegtuig kan vlieg sonder enige verdere opleiding. Dit is die grootste kommersiële vliegtuig wat deur die Europese Lugvaartveiligheidsagentskap gesertifiseer is vir 'n unieke steilbenaderingsvermoë, sodat die vliegtuig veral by lughawens soos London City-lughawe nuttig is.

Die A318 begin sy diens in Julie 2003 by Frontier Airlines. In vergelyking met ander Airbus A320-variasies, het dit net in klein hoeveelhede verkoop. Teen 30 November 2012 is slegs bestellings vir 'n totaal van 81 vliegtuie geplaas en na een kansellasie en een finale aflewering in 2013 is die bestelboek nou skoon, met 79 vliegtuie afgelewer. [2]

'n British Airways A318 by die klein London City-lughawe
  1. "AIRBUS AIRCRAFT AVERAGE LIST PRICES". Airbus. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 13 Maart 2011. Besoek op 1 Februarie 2011.
  2. "Airbus bestellings Junie 2013" (in Japannees). Airbus. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2013. Besoek op 12 Augustus 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne